

![]()
|
|
||
|
In 1978 het Sippo van Ewijck van de Bilt (1902 - 1978) ’n trustfonds gestig met die doel om die kulturele betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika in die ruimste sin te bevorder. Wyle mnr. Van Ewijck was 'n Nederlander wat vir ongeveer 40 jaar afwisselened in Kaapstad en Nederland gewoon het. Hy was jare lank voorsitter van die Algemeen Nederlands Verbond (Kaapstad) en het 'n groot liefde vir Suid-Afrika gehad het. Sedert die oprigting van die VES is honderde studieskenkings en stipendia aan studente en navorsers in Suid-Afrika en Nederland toegeken. Finansiele hulp is deur die jare ook aan verskeie organisasies en verenigings verleen. Die VES het byvoorbeeld oor ’n lang periode betaal vit die huisvesting van die ANV-biblioteek in Groenpunt en het van die begin af geld aan die Huis der Nederlande beskikbaar gestel vir bv. boekaankope en uitstallings. Organisasies en inisiatiewe soos die Nederlandse School, Biblionef, die VOC Stigting, die Nederlandse Post en die Afrikaanse Woordfees word ook finansieel deur die Stigting ondersteun en oor die jare is verskeie publikasies deur die Stigting gesubsideer. Tweemaal per jaar ontvang ongeveer 40 bejaarde Nederlanders in Suid-Afrika ’n geskenktjek van die Stigting en toekennings word ook gereeld aan die ANV gemaak vir bv. die vervoer van bejaardes na Goue Jare funksies by die Huis der Nederlande. Deur al hierdie aktiwiteite het die VES oor meer as drie dekades ’n betekenisvolle bydrae gelewer tot Nederlandse gemeenskap en kultuur in Suid-Afrika.
|
||
|
In 1978 Sippo van Ewijck van de Bilt (1902 - 1978) formed a Trust fund for the purpose of promoting cultural relations in the widest sense between the Netherlands and South Africa. The late Mr van Ewijck was a Netherlander who lived alternatively in Cape Town and the Netherlands for about 40 years. He was for many years Chairman of the Algemeen Nederlands Verbond (Cape Town) and had a great love for South Africa. Since the formation of VEF, hundreds of study grants and scholarships have been awarded to students and researchers in South Africa and in the Netherlands. During these years financial assistance has also been given to various organisations and associations. The VEF has, for example, over a long period paid for the housing of the ANV library in Greenpoint and right from the beginning has made moneys available to the Huis der Nederlanden for e.g. the purchase of books and for exhibitions. Organisations and initiatives such as the Nederlandse School, Biblionef, the VOC Foundation, the Nederlandse Post and the Afrikaanse Woordfees have also received financial support from the VEF and over the years various publications have been subsidised by the Foundation. Twice annually about 40 elderly Netherlanders in South Africa receive a gift cheque from the Foundation and grants are also made to the ANV for e.g. the transport of the elderly to "Golden Years" functions at the Huis der Nederlanden. All these activities have, for more than three decades, contributed meaningfully to the Netherlands community and culture in South Africa.
|
||
|
Copyright © 2003
Van Ewijck Foundation Last modified: 02/08/11 |