

|
|
||
|
DIE Raad van Trustees bestaan uit persone met akademiese / letterkundige sowel as finasiele agtergrond. Een Trustee sal ten alle tye 'n verteenwoodiger wees van die Nederlandse Diplomatieke diens. Tans is hulle die volgende: The Board of Trustees consists of people with academic / literary as well as financial backgrounds. One Trustee will at all times be a representative of the Diplomatic corps of the Netherlands. Presently they are as follows:
Die Konsul-Generaal van Nederland/The Consul-General of the Netherlands Prof C N van der Merwe (Voorsitter/Chairman) Prof W J van Zyl (Ondervoorsitter/Vice Chairman)
Dr H Fransen Hans Fransen is in 1931 in Amsterdam gebore en het hom in 1955 in Suid-Afrika gevestig. Hy het ’n PhD in Kunsgeskiedenis en het dié vak by die Universiteit van KwaZulu-Natal gedoseer. Hy was ook lank museumkurator en tot sy aftrede Direkteur van die Michaelis-versameling in Kaapstad. Hy is die skrywer van standaardverwysingswerke oor Suid-Afrikaanse argitektuur- en kunsgeskiedenis. Hy is in 2009 met ’n Eredoktoraat van die Universiteit van Stellenbosch vereer. Hy is ook met deur die Nederlandse regering met ’n ere-toekenning bekroon.
Prof P B Hesseling Peter Hesseling (MBChB, MMed(Ped), FCPSA,(Ped), MD) is op 29 Junie 1943 gebore in Veenendal, Nederland. Sedert 1974 tot 2004 is hy lid van die departement van geneeskunde van die Universiteit van Stellenbosch. Met sy aftrede beklee hy die pos van Professor in Pediatrie. Sy spesiale kundigheid behels die ontwikkeling van behandeling van kanker by kinders in die RSA en arm Afrika-lande. Sy ander belangstellings sluit in die vestiging van akademiese bande en uitruil van voorgraadse en nagraadse studente in Kindergeneeskunde met Universiteite in België (Leuven) en Nederland (Amsterdam, Utrecht, Groningen en Leiden) sedert 1990. Hy woon in Bloubergstrand, Suid-Afrika, is getroud, en het vier kinders.
Mnr/MR Marcel Hoogebeen Marcel Hoogebeen is in 1996 naar Zuid Afrika geemigreerd nadat hij zijn makelaarskantoor in Nederland, het een na grootste met 125 medewerkers, had verkocht. Marcel is als investeerder en als consultant betrokken geweest bij projectontwikkeling in Kaapstad, maar ook Plettenberg Bay, Durban etc. In totaal heeft over 2000 eenheden ontwikkelt. Ook was hij eigenaar van een internationaal makelaarskantoor, dat hij in 2008 verkocht. Marcel is betrokken bij diverse NGO‘s waaronder als 11 jaar als voorzitter van het Christine Revell Children‘s Home en als Trustee van het Sint Francis Children‘s Home. In beide organisaties heeft Marcel management getraind en internationale fondswerving opgezet. In Rotary is hij aktief, als ex voorzitter van zijn Waterfront Rotary Club, in het bestuur en bij diverse projecten betrokken. Hij was mede initiator voor een groot anti HIV/Aids project. In 1998 was hij mede oprichter van de Nederlandsche Club te Kaapstad en diende enkele jaren als voorzitter.
Me/Ms F E le Roux Frieda le Roux is ’n joernalis, argitektuurskrywer en toekomskundige. Aan Bloemfontein behaal sy ’n graad in argitektuur, wat sy opvolg met ’n honneurs- en meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is tans besig met ’n meestersgraad in Toekomsstudies. In 2007 verskyn Huise wat jou sak pas en More home for less money. Sy werk as joernalis en woon in Kaapstad saam met Gryskat.
Behaal MA Geskiedenis en Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch en nagraadse Museum Diploma aan die Universiteit van Pretoria. In diens van Wes-Kaapse Onderwysdepartement as onderwyser en visiehoof vanaf 1965 – 1976. Aanvaar aanstelling in SA Weermag as Staf Offisier: Militęre Museums Pretoria 1976 – 1979. Word aangestel as Assistent Direkteur by die SA Kultuurhistoriese Museum in Kaapstad vanaf 1979 – 1981. Vanaf 1981 – 1997 Direkteur van die SA Kultuurhistoriese Museum, Kaapstad. Hy dien op verskeie rade, waaronder die Kaapse Drie- Eeue Stigting, Van Ewijck Van der Bilt Stigting, Groot Constantia Beheerraad, Bellville Kultuurraad, Afrikaanse Taalmuseum Paarl en Komitee van Hoofde van Kulturele Instellings. Hy is ’n eksterne eksaminator in verskeie MA-verhandelings aan die US en UP.
PrOf C N van der Merwe (Chairman/ Voorsitter) Chris van der Merwe het aan die einde van 2009, na 34 jaar diens, afgetree as hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is die skrywer van ’n groot aantal akademiese artikels en ook die outeur of redakteur van vyftien akademiese boeke. As gasdosent het hy by verskeie buitelandse universiteite opgetree. Vir sy werk as literęre kritikus het hy in 1994 die toekenning ‘SA joernalis van die jaar’ ontvang, en in 2009 die Gustav Preller-prys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
PrOf W J van Zyl (Vice Chairman/Ondervoorsitter) Wium van Zyl is professor in Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy sedert 1981 klasgee. Hy was die afgelope jare gasprofessor aan verskeie Europese universiteite. Sy MA handel oor Boerneef se poësie. Hy is doctorandus van die Utrechtse universiteit, Nederland, en het ’n doktorsgraad oor die Nederlandse skrywer W.F. Hermans behaal by Stellenbosch. Hy het ’n groot aantal artikels en boeke gepubliseer en het een digbundel agter sy naam, Oggendvuur (1991). Hy is lid van die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, die Van Ewijck-stigting, die Vriende van die Nederlandse Biblioteek en die Letterkunde Ondersteuningskomitee. Hy is getroud met prof. Dorothea van Zyl, direkteur van die Stellenbosse Woordfees, en is vader van drie dogters.
Prof A Visagie Andries Visagie is professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Pretoria. In 2004 voltooi hy 'n proefskrif oor manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse prosa by die Universiteit van Stellenbosch en baie van sy publikasies word steeds gewy aan gender en seksualiteit in die Afrikaanse en Nederlandse prosa. Outobiografie as genre is een van sy verdere belangstellings. Hy het voorheen gedoseer by die Universeite van Zululand, KwaZulu-Natal en Unisa, maar het sy studie in Stellenbosch en in Utrecht (Nederland) voltooi. Hy is tans ondervoorsitter van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) en voorsitter van die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek.
Mnr/Mr P E Westra Pieter Egbert Westra was born in Groningen in the Netherlands in 1937. In 1953 the family arrives in South Africa. Westra, who holds a masters degree in library science (University of Pretoria) started his career as member of the Transvaal Provincial Library Service. From 1962-80 he was librarian at the State Library in Pretoria. For the last nearly two decades of his working career, Westra served as director of the South African Library in Cape Town. He is a member of the South African Institute for Library and Information Science, the Cape Foundation, Huis der Nederlanden, Friends of the SA Library, The Owl Club, the Van Riebeeck Society, the Van Ewijck Foundation, the VOC Foundation and the Vrienden van de Nederlandse Bibliotheek. He has also served as editor of the Quarterly Bulletin of the South African Library and is author of several books. Westra is the founder of the Centre for the Book at the National Library (Cape Town). He received a special award from the Dutch government.
|
||
|
|
||
|
Copyright © 2003
Van Ewijck Foundation Last modified: 02/20/11 |